LettersOpinion

Oppas vir grypdiewe by Planeweg-brug

‘Hulle het die vermetelheid gehad om eers in my pakkies te kyk wat ek gekoop het, voordat hulle die grootste pak gegryp het’

R KOTZE van Pomona skryf:

Ek wil graag mede-Kemptonparkers waarsku om nie goed agter op hul bakkies te los terwyl hulle ry nie, veral onder die duikweg by Planeweg by die verkeersligte in Pretoriaweg.

Ek het ‘n lelike stel afgetrap nadat ek inkopies by Checkers in Festival Mall gedoen het. Ek het my aankope agter op die bakkie gesit en die verkeerslig by Pretoriaweg het my gevang.

Also read:

Another attack at smash-and-grab hot spot behind Avion

The top five crime trends in Joburg you should be aware of

Birch Acres woman robbed at red traffic light

My voertuig was ingeboks tussen verskeie ander voertuie, trokke, karre, bakkies, ens. Onmiddellik het twee ouens op my bakkie afgepeil en hoewel ek paraat was en hulle gesien het en presies geweet het wat hulle planne was, was ek magteloos om enigiets te doen.

Hulle het die vermetelheid gehad om eers in my pakkies te kyk wat ek gekoop het, voordat hulle die grootste pak gegryp en daarmee teen die wal opgeloop het in die rigting van die taxi-staanplek. Geen haas, baie vermetel.

Ek het uit die bakkie gespring en gesê hulle moet my goed teruggee. Niemand het eers gehelp nie. Almal het doodluiters daar gesit en kyk.

Op die ou end moes ek maar stert tussen die bene terugkeer na my bakkie en net ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button