LettersOpinion

Gilde sien uit na Valentynsdans

Baie dankie aan elke musikant wat vir ons die lekkerste musiek maak en julle passie kom uitleef.

ILZE STEYN, sekretaresse Witwatersrandtak van die Boeremusiekgilde, skryf:

Witwatersrandtak wil dankie sê aan elke lid wat ons oujaarsfunksie bygewoon het. Julle het die aand die moeite werd gemaak.

Die tak het ‘n baie suksesvolle funksie gehad en ons sien uit na die Valentynsdans op 17 Februarie by Hoërskool Birchleigh. Daar gaan vermaak vir oud en jonk wees, met ‘n waterglybaan en stalletjies.

Van die bestuur se kant af wil ons dankie sê vir Esme Erasmus wat haar verjaarsdag by die dans kom vier het. Dit was vir ons ‘n groot eer om een van ons getrouste lede se dag nog meer spesiaal te kon maak.

Dan wil ons ‘n groot dankie stuur aan die bestuur van die Witwatersrandtak vir julle harde werk voor, tydens en na ‘n funksie. Ons sê dankie vir julle laat nagte om die saal reg te kry voor die tyd en dat julle dan weer vroegoggend op jul pos was om skoon te maak. Baie dankie aan almal met julle idees wat so oorspronklik uitkom tydens ons breinstorms.

Sonder julle sou ons nie die sukses kon behaal in wat ons doen nie.

Laastens, baie dankie aan elke musikant wat vir ons die lekkerste musiek maak en julle passie by ons funksies kom uitleef. Dankie aan al ons lede wat ons so getrou ondersteun. Ons sien daarna uit om julle by ons volgende funksie te verwelkom en om weer lekker saam te kuier.

Vir enige navrae oor die Valentynsdans, kontak Ilze Steyn by 072 610 4913.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button