
WOEDENDE OUMA van Birchleigh skryf:
Ek deel Johan Odendaal se frustrasie en siening rakende leerlinglisensietoetse.
Lees ook:
• Hoeveel keer het jy of jou kind al dié toets gedruip?
My kleindogter het ook verskeie kere probeer en dit ook met drie of twee punte nie gemaak nie.
Wat my grief is die feit dat jy geen insae in die toets het om te sien waar die foute begaan is nie.
Ons word dus geforseer om ’n ander toetssentrum te probeer wat nie net ingesteld is op geldmaak nie, maar wel die leerling se kennis toets.
Sou graag wou hoor wat die toetssentrum se reaksie op hierdie klagtes is. So kan dit nie voortgaan nie en ons is beslis nie die enigste twee Kempton Parkers wat hierdie siening deel nie.
