Dr Nick Wolmarans van Van Riebeeck Park skryf:
Die staat het weer eens in sy sosiale kontrak om sy burgers te beskerm, gefaal.
Die onsinnige, wreedaardige en brutale manier waarop teatermatrone Miemie Bergh vermoor is, weerklink nog hol in ons ore.
Dit is ironies dat hierdie uitnemende, professionele verpleegkundige, wat oor ’n periode van ongeveer 40 jaar met groot deernis en liefde die pasiënte gedien het, so moes sterf.
Sy het groot respek en agting by dokters en haar kollegas afgedwing en haar sosiale rapport met medemens was merkwaardig.
Ek en my mede-kollegas salueer matrone Miemie Bergh en sal haar medemenslikheid en lojaliteit altyd onthou en respekteer.
Lees ook:
• Two nabbed in connection with theatre matron’s murder
• Close friend of Birchleigh murder victim (74) opens up about gruesome discovery
