LettersOpinion

Wie wil nou in hierdie water bad?

Miskien as meer mense kla en sien wat aangaan, sal die raad iets daaromtrent doen

ANNELIZE van Glen Marais skryf:

Ek is nie iemand wat graag kla nie, maar die water raak nou regtig ’n probleem.

In twee weke was ons vir vier dae sonder water sonder dat enige kennisgewing gegee is. Vanoggend (27 Augustus) het my badwater gelyk soos op die foto, voordat ek nog gebad het.

Dit is water wat ons drink en gebruik vir kos in ons alledaagse lewe.

As die water verniet was, sou ek sê ons kan nie kla nie, maar ons betaal ten duurste daarvoor en is geregtig op skoon, bruikbare water.

Miskien as meer mense kla en sien wat aangaan, sal die raad iets daaromtrent doen.

Back to top button