LettersOpinion

Pensioenaris bedank barmhartige Samaritaan

'Opregte dank uit die diepte van my hart, vele vreugde op jou pad, barmhartige Samaritaan!'

NEELS FERREIRA (75) van Glenrus Versorgingsoord skryf:

Verlede Sondagoggend na kerk is ek na die Pick n Pay-sentrum in Birchleigh-Noord om ‘n item te koop.

Toe ek die R100 gee wat dit gewoonlik om-en-by gekos het, was ek R10 kort weens prysstygings.

Ek het die kassiere gevra om solank die volgende klant te help, terwyl ek die ekstra geld gou in my motor gaan haal.

Dis was toe dat die onbekende persoon agter my aan die kassiere sê hy sal betaal. Hy het sy items ook voor haar gesit. Sy en almal in die ry was verbaas oor die spontane reaksie.

Hy het sy kredietkaart gegee, my geld en item vir my gegee en weggestap.

Ek was so oorweldig en verstom dat daar nog sulke opregte barmhartige Samaritane bestaan dat ek hom op my krukke agternagesit het om weer dankie te sê vir sy grootse gebaar en ook dat wat hy gesaai het vandag, hy eendag weer sal oes, want Hy sien alles raak.

Opregte dank uit die diepte van my hart, vele vreugde op jou pad, barmhartige Samaritaan!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button