
ANONIEM skryf:
Ek wil net graag my opinie gee oor mense wat hulle honde sommer net afgooi en dan wegjaag.
Het jy al in die truspieëltjie gekyk en gesien hoe die arme dier agterna probeer hardloop en dan maar verwese en moeg gaan sit en huil, want jy wil hom of haar nie meer hê nie?
Hoe sal jy voel as jou ouers jou nie wou hê nie en ook langs die pad gaan afgooi het? Ek glo dit gebeur orals, maar in Kempton Park-Wes die meeste en soms in die nag.
Ek hoor hoe die voertuig wegjaag en die arme hond is sommer net uitgesmyt en dan dalk nog beseer ook, want hy of sy tjank en jy jaag weg.
Dink jy dis baie mooi? Jy sal eendag rekenskap vir dit gee. God het ook die diere gemaak en as hulle mishandel word, sal dit teen julle tel.
So ek hoop jy lees die en besin oor wat jy doen.
Also follow us on:





