
ONGELUKKIG skryf:
Op Woensdag, 25 September het ek by Glen Acres parkeer vir besigheid.
Toe ek terugkeer na my voertuig, merk ek op iemand wat langs my parkeer het, het sy deur teen my wit voertuig oopgemaak wat ’n duidelik sigbare duik veroorsaak het.
Jy weet wie jy is en wees bly ek was nie daar toe jy dit gedoen het nie. Jy is duidelik ’n skurk wat ’n nota op my windskerm kon los met jou besonderhede.
Nou is dit my skade, jou skurk wat geen respek het vir ander se bates nie.
Mag jy in die toekoms, en ander wat dieselfde doen, baie ongelukkige kilometers hê. My voertuig was perfek en byna nog nuut, maar het nou ’n duik in en ek hoop jy het jarelange slapelose nagte.
