LettersOpinion

Reader: Ekurhuleni Metro, kry asseblief bevoegde mense

Die persone in beheer is beslis nie bevoeg om sulke probleme op te los nie

ONGELUKKIG van Kempton Park Uitbreiding 4 skryf:

Vanaand (11 November) om ongeveer 7.30nm het ons weer eens ’n kragonderbreking gehad.

Dit raak nou ’n gereelde probleem met water en elektrisiteit. Ek is afhanklik van elektrisiteit weens gesondheidsredes.

Vroeër jare was ons nooit so lank sonder elektrisiteit nie. Ek het probeer om met ’n bystandelektrisiën kontak te maak om te hoor hoekom dit so lank duur. Hy het blykbaar ’n nuwe selnommer en ek kon hom dus nie kontak nie.

Ek besef daar is skakelprosedures, maar dit word nie gevolg nie. Die persone in beheer is beslis nie bevoeg om sulke probleme op te los nie.

Ek dink baie persone in Kempton Park uitbreidings twee tot vier is nou al rêrig vol vir hierdie langdurige kragprobleme.

Ek is seker daarvan hierdie uitbreidings is besig om ’n agterbuurt te word. Kry asseblief bevoegde persone, dit is al wat ons vra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button