LettersOpinion

Inwoner kry puik diens by plaaslike lisensiekantoor

Die personeel was ons vriendelik behulpsaam.

R VAN WYK van Allen Park skryf:

My vrou moes onlangs haar bestuurderslisensie hernu, maar ons kon nêrens ’n aanlynbespreking kry nie.

Ons het van die instapdiens by Kempton Park se lisensiekantore gebruik gemaak. Lang rye en wag was ons voorland, het ons gedink.

Tot ons verbasing is ’n paar bejaardes uit die ry en gure weer gehaal en na binne geneem. Ons is aan mnr Gerrie van Rensburg, hoof van die afdeling, bekendgestel.

Die personeel was ons vriendelik behulpsaam.

Groot was my verbasing toe ek binne ’n redelike tyd meegedeel is dat ek die bestuurderslisensie kon gaan afhaal.

Aan mnr Van Rensburg en sy personeel, baie dankie en knap gedaan.

Die publiek kan dankbaar wees dat daar nog diegene is wat die ekstra myl saamstap en die moeite doen om die publiek te help en tevrede te stel.

Doen so voort, asseblief.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button