Redakteur – My groot vriend, Chris, ek gaan jou baie mis in hierdie ou wêreld nadat jy ons skielik verlaat het op 1 Augustus.
LEES OOK:
Kempton Park’s Van Biljon leaves a legacy of business networking
Al wat oorbly is dierbare herinneringe van ons bemarkingsdae by Die Perskorporasie van Suid Afrika Beperk, ‘Vossie van die Pers’ en Mnr RJR Dreyer en Mnr Marius Jooste.
Ons talle ondervindings saam op Bethal met die stigting van die Hoëveldrif koerant, die stigting van Kempton Express in die vroeë 80’s, en ons ander ondervindings en ervarings in die proses lê my baie na aan die hart.
Moeilike ondervindings met die sakemanne van Trichardt omgewing gehad, weg van die huis af in ‘n rondawel van Mev Church tuis gegaan, elke oggend vroeg opgestaan, gemotiveerd vir die hewige oorlog met Die Echo-koerant.
Net nadat ons die gevestigde Kempton Nuus oorgeneem het en ons dit met ‘n geselligheid by die kantore van Kempton Express wou vier, het ons informeel gesels oor wat ons mans sou aantrek vir die geleentheid.
Dis toe Thys Scheepers (ons advertensiebestuurder van weleer) vir my laat hoor het: “Ag Daan, ek dink ek gaan sommer ‘n ligte somersrokkie aantrek.”
Hoogtepunte, laagtepunte, ons het almal saam beleef.
Dis seker die eerste keer wat ek intens hartseer is oor ‘n ander man, maar ek wil so graag gehad het jy moet weet: “Ek gaan jou baie mis!”
Dankie my vriend vir al die lewenslesse wat ek by jou kon leer. Die monumente wat ek en jy saam 40 jaar gelede opgerig het staan steeds en blink helder in die son.
Danie Esterhuizen
Also follow us on:




