LettersOpinion

Wees versigtig by Festival Mall verkeerslig

"Ek het die geval genoem op Kempton Parkers groep op Facebook om almal in te lig. Daar was al blykbaar ’n klomp gevalle met dieselfde mans."

Redakteur – Ongeveer 7nm op 20 Augustus kom ek by die rooi verkeerslig by Festival Mall aan om regs te draai.

Soos ek by die verkeerslig aankom was daar gelukkig net een kar voor my.

Toe ek kyk in my regterkantste speeltjie, sien ek drie mans aangestap kom en ek besluit toe om in my tru-speeltjie te kyk en sien ook ’n kar agter my.

Die lang man klop toe aan my venster en sê vir my dat my agterste wiel pap is.

Die tweede man kom staan langs hom en beweer dieselfde terwyl hulle na die wiel wys. Ek wys toe eenvoudig ‘sharp’ en ignoreer die mans.

Hul hou toe aan en het begin om op my te skree dat ek die venster moet afdraai.

Die lang man het begin om teen my venster te klop, met elke klop wat al harder raak. Die tweede man se gesig is teen my venster terwyl hy aanhou skree. Die derde man was toe teen my venster en haal sy geweer uit en hou dit teen my venster.

Soos hul aanhou, kyk ek op en sien die verkeerslig is rooi en besluit toe ek moet geraas maak en ek druk toe die toeter.

Die persoon voor my was gelukkig wakker en besluit toe om oor die rooi lig te jaag en ek is so dankbaar hy was bewus en dat daar nie meer karre van vooraf gekom het nie.

Dit het toegelaat dat ek kan jaag om weg te kom. Toe ek om die draai is het die kar wat voor my was, stadig langsaan my begin ry om te sien of ek reg is.

Baie dankie dat u wakker was. Die Here was verseker by my.

Ek het die geval genoem op Kempton Parkers groep op Facebook om almal in te lig. Daar was al blykbaar ’n klomp gevalle met dieselfde mans.

My bekommernis is as daar 12 karre voor, beide kante en agter jou staan, wat maak hulle dan met jou?

Verkeersligte is nie ’n besigheidspark nie en daar is ander maniere waar die mense om hulp kan vra.

Mense het op ’n tyd te veel geld gemaak by verkeersligte en wil daarom nie gaan werk nie. Nou is armoede ’n kwessie orals danksy werksloosheid en ons almal probeer help waar ons kan, maar as dit almal se veiligheid begin affekteer moet mens bietjie verder begin dink.

Jasmaine.

Also follow us on:

 

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button