LettersOpinion

Leser ongelukkig oor gevaarlike krag paal

"Kemptonpark het agteruitgegaan, dit sal nooit weer na normaal kan terugkeer nie.”

Redaktrise – Vanoggend (13 November) om 01:15 is ’n paal met oorhoofse geleiers omgetrek.
Die inwoners se krag is nogsteeds af en nog geen elektrisiën was hier gewees nie.
Die oorhoofse geleiers is nog heeltyd lewendig en skep ’n gevaar.
Die pad is afgesper, maar daar is steeds voetgangers.
Ek het ook aan raadslid Jaco Terblanche geskryf, maar kry nie antwoorde nie.
Ons het klaar gestem, nie dat dit iets vir ons beteken nie.
Alle diensleweringsprobleme bly dieselfde.
Dit is aangemeld by die oproepsentrum en ek het ’n verwysingsnommer gekry wat niks beteken nie.
Kemptonpark het agteruitgegaan, dit sal nooit weer na normaal kan terugkeer nie.
Byna 12 ure en nog geen diens nie.
My wens is dat Kempton Park bevoegde persone moet aanstel.
H van der Westhuizen

Raadslid Jaco Terblanche het as volg kommentaar gelewer – Ek het die klagte om 07:00 vanaf Mulberry inwoners ontvang.
Die klagte is na die departement van elektrisiteit verwys en ek het ook die ingenieur aan diens in kennis gestel.
Ek het om 09:00, 12:00, 14:00 en 16:00 ’n hersteltyd vanaf die departement versoek, maar daar was geen verdere kommunikasie vanaf die departement nie.
Ek het 50 klagtes oor dienslewering ontvang en ek vra om verskoning aan Mnr van der Westhuizen dat ek nie gereageer het nie, siende dat ek verkies om ’n hersteltyd te gee wanneer ek reageer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button