DIE blouspan het vanjaar Jeugland se interhuis atletiekbyeenkoms gewen met die groenspan wat die geesbeker huis toe gevat het. Die atlete wat vanjaar die bekers gewen het, was, voor: Diwan Britz (junior Victor Ludorum, beste individuele prestasie verspring 1055 punte, beste prestasie hekkies, verspring, hoogspring), Kyla Müller (senior Victrix Ludorum, beste prestasie spiesgooi, hoogspring), Ruben Cornelius (senior Victor Ludorum, beste prestasie naellope) en Elzaan van der Nest (junior Victrix Ludorum, beste prestasie langafstande, naellope). Agter: Thinus Fourie (beste prestasie gewigstoot, skyfwerp), Zede-Lee Roberts (beste prestasie gewigstoot, rekord van 11.62m gewigstoot 0/17), Nicolaas Umeh (beste prestasie langafstande), Zelda van der Nest (beste prestasie skyfwerp), Duane Bloem (beste prestasie spiesgooi) en Kay-lee Louw (beste prestasie verspring).
DIE volgende Jeugland-skuts het uitstekend presteer tydens hul eerste provinsiale uitdunne.
Juhandre Swart het silwer en goud by die DDRC skietklub ontvang vir presisieklas O/16.
Bernardus Haasbroek het brons in die presisieklas O/20 gekry.
Krieket Pro20: Jeugland eerstes wen met 5 paaltjies teen Amos Mapanga. Amos 147/7. Jeugland 148/5 in 17.3 beurte.
Jeugland eerstes wen Hoërskool Kemptonpark II met 8 paaltjies. Kempton 90 almal uit. Jeugland se beste boulers was Karel Harris (3.2/11/2), André Smit (4/13/2), Dean du Plessis (2/5/2). Jeugland kry 92/2 in 11.4 beurte. Beste kolwer was Louis Geldenhuys met 42*.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!