Editor's choiceSchool sportSport

Kempie-eerstes wen naelbytstryd teen Rustenburg

Kempies se netbal palm Ekurhuleni-liga in

HOËRSKOOL Kemptonpark se eerste rugbyspan het Saterdag vir Hoërskool Rustenburg op laasgenoemde se veld met 19-16 getroef in ‘n makro-skoleligawedstryd.

Vanaf die afskop het Rustenburg met mening die Kempies se doellyn aangeval, maar Kempies se rotsvatse verdediging het gekeer dat Rustenburg meer as een drie druk.

Kempies se kaptein en agsteman, Xander Terblanché, het nie net met sy uitstaande leierskap die span gelei nie, maar sy spel het soos gewoonlik die skare op hul voete gehad.

Xander het ook die eerste drie gedruk en het ‘n reuse aandeel in Darren Luyt se drie gehad.

Met speeltyd byna verstreke het Darquinn Els die wendrie gedruk. Losskakel Quinton Fincham het twee van die drieë verdoel.

Kempies speel eerskomende Saterdag tuis teen Hoërskool Florida.

Die ander uitslae teen Rustenburg was: o-14A verloor 3-34; o-14B verloor 5-49; o-15A verloor 6-9; o-15B verloor 0-71; o-16A wen 28-22; o-16B wen 7-5; vierdes wen 17-16; derdes verloor 0-7 en tweedes wen 29-25.

DAT die wedstryd tussen Kempies en Rustenburg se eerste spanne hard was, is duidelik te sien nadat ‘n Rustenburger sy trui verloor het. Die Kempies op hul voete agter is Adriaan Labuschagne, Edwardt Steyn en Xander Terblanche. Voor op die grond is Damian van Goeverden, Darryn Luyt en Jaco Goosen (op knie). Foto verskaf

Netbal

Kempies se netbalspanne het Ekurhuleni gewen na afloop van die superliga.

Kempton het 352 ingepalm, gevolg deur Marais Viljoen (338), Dr EG Jansen (264), Dinamika (184) en Oosterlig (160).

Vyf Kempie-spanne het die liga gewen, naamlik die eerste span, tweede span, o-16B, o-16C en o-15A.

Liga vs Dr EG Jansen: o-14A verloor 7-30, o-14B verloor 10-17, o-14C verloor 10-11, o-15A wen 26-17, o-15B wen 11-6, o-15C wen 28-27, o-16A wen 20-17, o-16B wen 44-4, o-16C wen 27-3, o-17A verloor 11-26, o-17B wen 19-10, tweede span wen 28-14, eerste span gelykop 36-36.

Tennis

Seuns: A-span verloor 27-37 teen Edenvale A; B-span wen 48-8 teen Edenvale C; C-pan wen 53-3 teen Birchleigh B.

Meisies: A-span verloor 12-44 teen Edenvale A; B-span wen 54-2 teen Edenvale B.

Die B en C seunspanne en B meisiespan was onoorwonne in die Kemptonpark/Edenvalestreek en sal volgende kwartaal teen ander streke uitspeel.

Hokkie

Meisies: Kempies vs Marais Viljoen: o-14A Kempies wen 1-0; o-14B gelykop 1-1; o-15A gelykop 0-0; o-15B gelykop 1-1; o-16A wen 1-0; o-16B gelykop 1-1; derdes verloor 0-5; tweedes verloor 0-1; eerstes wen 2-1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button