Local sportSport

Kempies, KYD open Saterdag topgehalte hokkieveld

Van die beste binneshuise hokkiespelers in die land is genooi om deel te wees van dié geleentheid

Kempton Youth Development (KYD) en Hoërskool Kempton Park het saamgespan om ‘n hokkieveld van internasionale standaard by Kempies te bou. Dit word op 8 Februarie geopen.

“KYD en Kempies hoop om hokkie in die omgewing te laat groei en ons beplan om klinieke aan te bied om spelers op hierdie topklas-fasiliteit te ontwikkel,” het Caroline Gildenhuys van KYD gesê.

Sy sê hokkie is tans een van die vinnigste groeiende sportsoorte ter wêreld en in lande waar hokkie in die top ses op die wêreldranglys is, word baie tyd op binneshuise hokkievelde spandeer. Die vooruitsig is om voor- en buiteseisoen programme wat vaardighede verbeter, hier aangebied sal word.

“Spanne is kleiner, wat die afrigters in staat stel om hul spelers beter te leer ken,” het Gildenhuys verduidelik.

Op 11 November 2019 is daar by Hoërskool Kempton Park grond gebreek met die doel om ‘n binneshuise hokkieveld van internasionale standaard te bou. Voorsitter en direkteur van Kempton Youth Development Caroline Gildenhuys is hier saam De Wet Fourie (projekbestuurder) en Melanie Swanepoel (hokkie-organiseerder Hoërskool Kempton Park).

“Die speel van binneshuise hokkie verhoog algehele vaardighede, sowel as tegniese en taktiese voordele wat direk ooreenstem met veldhokkie. Binneshuise hokkie kan ook jou ingesteldheid verfyn, wat beteken dat jy vinniger dink en reageer.”

Dit is ideaal om spier- en beensterkte te ontwikkel, sowel as koördinasie en balans. Gildenhuys meen ook dat kinders leer hoe om te kommunikeer en na mekaar te luister deur so ‘n sport.

Inwonrs is welkom om die openingseremonie op 8 Februarie om 3nm by Hoërskool Kempton Park by te woon.

“Van die beste binneshuise hokkiespelers in die land is genooi om deel te wees van dié geleentheid.”

KYD is ’n nie-winsgewende maatskappy met die doel om ’n betekenisvolle bydrae te lewer tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Kempton Park en omliggende gebiede.

Dié organisasie belê sedert 2018 in die ontwikkeling van die jeug, wat minderbevoorregtes en voorheenbenadeeldes insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button