Local sportSport

Glen Marais-Klofie bly dat tennis hervat na ‘n lang grendel

"Dis my droom om eendag by Wimbledon te gaan speel."

‘n Glen Marais tennisspeler, Kyla Gobby (15), asook Graad 9-leerling by Hoërskool Waterkloof is in die wolke vandat haar afrigting na ‘n lang inperkingstydperk weer op 23 Junie hervat is.

“Die blaaskans was lekker om my lyf te laat rus. Maar na die eerste week van inperking het ek gejuk om weer besig te wees.

LEES OOK:

Edleen fitness model shares his journey on the fitness side of beauty

“Die meisie hou daarvan om haarself besig te hou en sodoende haar aspirasies te bereik.

“Dis my droom om eendag by Wimbledon te gaan speel. Ek hou meer van enkelspel in tennis, dit is my forte. Ek geniet selfs dubbels, sodra ek lekker momentum met ‘n goeie maat het.”

Toe Kyla gevra was wat haar sterkpunte in die spel is, het sy gesê sy geniet om met haar voorhand te speel, maar dat dit nie haar enigste sterkpunt is nie.

“Ek wil graag verbeter aan my rughandspel, maar meeste van my punte wen ek met my dienskote.”

Sy is ‘n lid van Tennis Suid-Afrika (TSA) en neem jaarliks deel aan dié toernooi, sowel as skoolligas.

Sy vertel dat haar afrigter, Gerrie Dippenaar, sy tennisspelers opweeg teen Roger Federer, Novac Djokovic en Rafael Nadal.

Dippenaar het selfs al een van sy tennisspelers Wimbledon toe geneem om deel te neem.

LEES OOK:

These rules apply at local golf clubs

“Byvoorbeeld, wanneer ons op voorhande fokus, word daar uitgewys hoe mooi dié spelers se voorhand spel is. Djokovich, aan die ander kant, het ‘n vreeslike mooi dubbel-rughand. Terwyl Federer se rughand met een hand gespeel word, speel Djokovich met altwee hande ‘n rughand-greep.”

Kyla verduidelik dat haar afrigter baie fokus op die tegniek van die verskillende style wat deur die befaamde spelers gehandghaaf word.

“Ons word meestal drils voorgeskryf, waar een voorhand direk gevolg deur twee rughandslae of ons slaan verskillende tegnieke teen ons maats wat saam les het. Gerrie wys ons ook videos om die spesifieke tegnieke en kontakpunte te bemeester, veral wanneer ons bietjie sukkel om te verstaan.

“Hy fokus baie op voetwerk wat belangrik is in tennis. Jou lyf se verhouding met jou voete se posisie is baie fyn en bring groot verskil aan ‘n speler se fokuspunte in ‘n spel.

“Om jou heupe te swaai maak ook groot verskil op die impak van mens se slae.”

Sy neem selfs tennis as ‘n leervak op skool as ‘n trotse Klofie-tennispeler.

“Ons leer al dié dinge in diepte aangesien dit by die skool aangebied word. Ons skryf selfs toetse oor die sport, wat meestal handel oor die geskiedenis, hoe die sport ontstaan het en watter spelers die meeste invloed gehad het op die spel. “Ons leer oor die loopbaanprofiele van die grootste spelers in geskiedenis, byvoorbeeld, hoeveel Grand Slams Federer onder sy belt het.”

Tussen Djokovic en Federer, behoort haar tennishart maar aan Federer.

“Hy is die gentle giant van die spel. Waar Nadal in sy spel baie opgewerk raak, is Federer baie rustig en beheer sy aggressie. Hy is iemand waarna ‘n tennispeler kan opkyk om tennis te verbeter, en beter voetwerk te leer. Dis ongelooflik hoe hy ingesteld is op die verskillende elemente van tennis.”

Haar gunstelling vroulike rolmodel is Coco Gauff wie maar slegs een jaar ouer is as Kyla.

Also follow us on:

 

Back to top button