Moenie dié winterfees misloop nie
Saterdagoggend skop af met ’n tradisionele Birchleigh-ontbyt

AVONTUURLUSTIGES, oud en jonk, kan hul adrenalien vrye teuels gee met ’n meganiese bul, skiettonnel, skoppelmaaie, rekspronge en go-karts by die NG Gemeente Birchleigh se winterfees!
Die winterfees vind dié naweek by Laerskool Birchleigh plaas en is Vrydag van 12.30nm tot laataand en Saterdag van 7vm tot 2nm oop.
Groot pryse is heel naweek op die spel veral met die “spot-the-celeb” kompetisie.
Kom geniet koffie uit die boonste rakke by die koffiekroeg en eet jouself trommeldik aan roosterkoeke, pannekoeke, hamburgers, boereworsrolle, kerrie-en-rys, poeding, gebak en vele meer.
Verder is daar baie uitstallers wat produkte te koop aanbied. Demonstrasies gaan deur ER24 en die brandweer gegee word.
Saterdagoggend skop af met ’n tradisionele Birchleigh-ontbyt, en later in die dag wag daar ’n verrassing wat jou bloed vinniger sal laat vloei.
Vir enige navrae, skakel Susan by die kerkkantoor by 011-391-2498 of ds Dean Reiners by 060-609-5068.
