EntertainmentLifestyle

Kerk beplan lekker lentefees

'n Dans en vermaak met Freddie Spires vind ook plaas

DIE NG Kerk Kempton Hoogland hou sy jaarlikse lentefees van 28-30 Augustus by die kerk in De Wiekusweg.

Stalletjies sal die Vrydag van 2nm oop wees met ‘n kosmark wat om 4nm begin.

Die dag word afgesluit met ‘n lofprysingsaand vanaf 7nm.

‘n 4.5km pretloop skop Saterdag om 7vm die verrigtinge af. Daar is ontbyt, kosmark, sandkuns, skattejag, Minion Ten-Pin Bowling, Angry Bird, pretarea, kompetisies en en vele meer.

‘n Groot hoogtepunt is die boerebraaier-potjiemeesterkompetisie wat om 5nm begin. Kies jou dis! Kaartjies word vooraf verkoop.

‘n Dans en vermaak met Freddie Spires vind ook plaas.

Die naweek word die Sondagoggend om 9vm met ‘n gesinsdiens afgesluit.

Stalletjies is beskikbaar teen R150. Skakel Esme by 082-325-1085. Verdere navrae kan aan die kerkkantoor gerig word by 011-393-4305/9.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button