Groter en beter kermis by Herfsland
Daar is nog stalletjies beskikbaar teen R120 sonder krag, R150 met krag en R200 vir stalletjies met kos van ’n ander nasionaliteit

HERFSLAND is vanjaar 30 jaar oud en hou op Saterdag, 29 Augustus, sy jaarlikse kermis by die tuiste in Cactuslaan, Allen Grove.
Die kermis word vanjaar aansienlik uitgebrei met internasionale kosstalletjies, ’n spesiale tent vir kinders waar hulle kan kaskarre ry en die bekende tafels met kerrie-en-rys, potjiekos, roosterkoek, poeding, ontbyt en naaldwerk. Kunstenaars soos Izak Davel en Johan van Niekerk gaan ook optree.
Daar is nog stalletjies beskikbaar teen R120 sonder krag, R150 met krag en R200 vir stalletjies met kos van ’n ander nasionaliteit.
Om 9vm begin die versierde wiele kompetisie vir fietse, rolstoele en enige ander wiele! Heerlike pryse is op die spel en inskrywings beloop slegs R10.
Inskrywings vir ’n 5km kermis pretstap sal vanaf 7vm by die tuiste se hek se beskikbaar wees. Die wegspringtyd is 8vm en kos R30 per persoon.
Die fondse wat op hierdie wyse ingesamel word, sal gebruik word om inwoners te subsidieer wat nie die volle eenheidskoste kan bekostig nie.
Kontak Johannie Louw op 011-972-5417 vir enige verdere navrae.
