EntertainmentLifestyle

NG kerk hou skattejag

Die skattejaginskrywings is slegs R15 per persoon

DIE NG Kerk Kemptonpark-Noord in Highveldweg hou Saterdag vanaf 9vm ‘n skattejag om fondse in te samel vir die kerk se gemeenskap-aktiwiteite.

Die skattejag-inskrywings is slegs R15 per persoon en daar is groot en klein pryse te wen.

Daar sal ook ‘n teetuin beskikbaar wees, kosstalletjies met pannekoek, poeding en worsbroodjies, asook vermaak vir die kinders soos gesigverf en springkastele.

Bring die hele gesin saam en geniet aktiwiteite soos kettieskiet en so meer.

Bring ook jou hond aan ‘n leiband en vergelyk jou beste vriend met die ander brakke teenwoordig .

Die oggend sal afgesluit word met ‘n braai omstreeks 1nm. Gratis pap en bredie of ‘n broodrol sal beskikbaar wees en braaipakkies is te koop teen R35 elk.

Vir meer inligting, skakel Janette Kunneger by 083-265-1123.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button