EntertainmentLifestyle

Bespreek nou vir Nianell se konsert

Sjerrie sal vooraf bedien word en na die vertoning sal daar versnaperings wees

DIE bekende sangeres Nianell tree op 30 Oktober om 7nm vir 7.30nm by Wynand Marais-gemeenskapsentrum in Birchleigh op.

Kaartjies kos R190 en R170 vir Vriende van die Kempton Park Biblioteke. Dit is beskikbaar by Birchleigh- en Bonaearopark-biblioteke.

Sjerrie sal vooraf bedien word en na die vertoning sal daar versnaperings, koffie, tee en koeldrank aangebied word. Nianell se CD’s sal ook te koop wees.

Die konsert word deur die Vriende van die Kempton Park Biblioteke aangebied. Dié toegewyde groep mense probeer elke jaar sowat R60 000 insamel waarmee hulle boeke aankoop en aan die biblioteke skenk.

Daar is in 2000 begin en oor die afgelope 15 jaar is die fantastiese bedrag van R700 000 ingesamel.

Daar is ook werkswinkels in genealogie, kaartjies maak, netwerkgeleenthede en scrapbooking. Ledegelde en tweehandse boeke dra by tot hierdie fondsinsamelings.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button