EntertainmentLifestyle

Buster en San-Marie kom kuier

Die vertoning sal in die Kaleideo-ouditorium opgevoer word

BUSTER die brak en San-Marie kan nie wag nie om op 24 September by al hul Kempton-maatjies te kom kuier.

Die vertoning, genaamd Buster en San-Marie, wys om 10vm in die Kaleideo-ouditorium.

Buster se visie is van God af en hy is hier om ‘n impak te maak in elke maatjie se hart om nooit te vergeet dat mense kom en gaan, maar God se visie gaan nêrens.

Buster en San-Marie is n ongelooflike span en hulle maak ‘n reuse verskil regoor die land in kinders se lewens en fokus ook daarop om elke kind mooi te laat verstaan dat hy/sy uniek is en ‘n spesiale gawe van God af het.

Vir meer inligting of besprekings, skakel Joleen by 082-410-7682.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button