Desember is tyd vir Jakaranda-kinderhuis se liggiefees
Feesgangers kan daarna uitsien om op uitgesoekte aande deur 'n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse musikante vermaak te word

Desember is hier en dit is tyd om saam met jou gesin te ontspan. So hoekom reël jy nie sommer ’n gesinsuitstappie wat ook ’n verskil kan maak in kinders se lewens wat nie gelukkig genoeg is om die feestyd saam met hul geliefdes te vier nie?
Deur vanaf 1-31 Desember Jakaranda Kinderhuis se liggiefees te ondersteun, sal jy nie net ’n skouspelagtige versameling kersfeesliggies beleef nie, maar ook die mooiste musiek hoor én ’n belegging maak in die lewens van die 210 inwoners van dié kinderhuis in Pretoria.
Feesgangers kan daarna uitsien om op uitgesoekte aande vermaak te word deur musikante soos Dewald Wasserfall, EON, Saarkie, Joshua na die Reën, Tussen Sterre, Heuning, 2nd Life, Ampie, Sharoney en vele meer.
Buiten vir die musiek en liggies, sal daar verskeie kos- en kersmarkstalletjies tydens die fees beskikbaar wees, asook trein- en mallemeuleritte vir die kinders.
Die kinderhuisgronde is in Talitha Kumistraat 1, East Lynne, Pretoria en die fees kan daagliks vanaf 6nm tot 10nm besoek word. Op konsertdae sal hekke reeds om 5nm open en kaartjies sal beskikbaar wees teen R30 ‘n persoon.
Hier is die konsertdatums:
1 Desember: Eunice Kemp, 2nd Life, Layla Skye, Heuning, Joe Foster, Xander Joubert
2 Desember: Monique Steyn, Anton Botha, Sharoney, Saarkie, Gevoel van Veiligheid, Michelle Marx
7 Desember: Con Grazia, Alida, Jennifer Zamudio, Martin Bester, Irene-Louise van Wyk, Devon Jay Scott
8 Desember: Erin Beck, Zanzi Africa, Geraldine Scholtz, Layla Skye, Zita, Hanco
9 Desember: Joshua na die Reën, EON, 2nd Life, Ampie, Kirsten Schlebush, Kosie Beukes
12 Desember: Jakkie Louw, Marulaboom, Heidi, CH2, Bianca Goosen, Hanna Boss
14 Desember: Eunice Kemp, Henry van Dyk, Elme Churr, Riaan Grobler, Ricky Faber, Die Ventertjies plus ’n Laser X-vertoning!
15 Desember: Lieflinge, Harlind, Sharoney, Klikkerland, Irene-Louise van Wyk, RNK plus ’n Laser X-vertoning!
21 Desember: Mariska, Talana, Stephan Visagie, Dewald Wasserfall, Eunice Kemp, Rudi Claase
24 Desember: Karlien Husselman, Venetia Rose, Biance Goosen, Tussen Sterre, Eunice Kemp
