EntertainmentLifestyle

Bekroonde Juanita deel verhoog met haar kinders by Carnival City

Die konsert begin om 7.30nm by Carnival City en kaartjies teen R120 is beskikbaar by www.itickets.co.za

Die bekroonde Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis en haar twee net so talentvolle kinders gaan in Maart vir die eerste keer saam op ’n verhoog optree.

Met Meer as ’n Melodie, wat op 30 Maart by Carnival City plaasvind, gaan dié talentvolle gesin baie aan hul voete hê.

Ses jaar gelede is dié drie se Kaalvoetkinders op talle radiostasies gespeel en sedertdien soek aanhangers hulle saam op die verhoog.

Juanita du Plessis het haar dogter en seun vir ’n konsert saam met haar ingespan.

En nou bring Juanita haar dogter Franja du Plessis en seun Ruan Josh saam met haar vir ’n konsert wat nie gou vergeet sal word nie.

Juanita het meer as 30 albums en DVDs in haar loopbaan vrygestel en spog met 2.6 miljoen verkope en sowat 3 000 verhoogoptredes.

Franja het pas haar tweede album vrygestel en is die eerste sangeres wat goue status met haar debuutalbum gekry het. Sy is ook as vroue-kunstenaar van die jaar vir 2017 by die Ghoema-toekennings aangewys.

Ruan Josh het ook sy debuutalbum vrygestel, spog met vier nommer een treffers en is ’n bekende gesig in die SABC 2-reeks Klein Begin.

Die konsert begin om 7.30nm en kaartjies teen R120 is beskikbaar by www.itickets.co.za

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button