Jannie en Susan bied paasprogram by Kempton-Kruin aan
Kaartjies kos R20 elk en sal by die deur beskikbaar wees.
’n Paasprogram met Jannie Moolman en Susan Mouton word op 12 April by die NG Gemeente Kempton-Kruin aangebied.
Die tema van die program is die eggo van jou oë.
Jannie du Toit is ’n liedjieskrywer, internasionale sanger en pionier in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek. Susan Mouton verf met die wonderlike klankkleure wat die kombinasie van tjello, kitaar en stem kan bied.
Hulle bekoor met Jannie se eie liedjies, maar ook met gunstelinge uit sy jeugjare soos Afrikaanse kuns-, pop- en folksliedere uit die sestiger- en sewentigerjare.
Daarby kom werke van sy Afrikaanse en Nederlandse kollegas, maar ook musiekhelde soos die kabaretmeester Jacques Brel en enkele instrumentale werke vir tjello en kitaar ook by, wat verder sorg vir merkwaardige verskeidenheid.
Kaartjies kos R20 elk en sal by die deur beskikbaar wees. Die opbrengs is ten bate van die seniors in die gemeenskap.
Koffie en tee word bedien. Die konsert begin om 10vm.
Vir besprekings skakel die kerkkantoor by 011 391 1343.
