Bietjie ‘blue’? Toemaar, Elvis Blue kom Kempton toe
Sy besoek vorm deel van Nataniël se konserttoer waarby verskeie plaaslike akteurs, musikante en sangers betrokke is.
Omkring jou kalender, want Elvis Blue kom Kempton Park toe met sy vertoning Stories, en dít beloof om ’n optrede te wees wat jy nie wil misloop nie.
Aanhangers van die Idols 2010-wenner kan hom op 11 Mei om 7.30nm by Kaleideo-kerk in Fiskaalstraat in aksie sien.
Elvis Blue se besoek aan Kempton vorm deel van Nataniël se Optog!, ’n konserttoer waarby verskeie plaaslike akteurs, musikante en sangers betrokke is.
Lesers kan hul kaartjies op iTickets se webwerf bespreek. Indien jy die vertoning gaan bywoon, onthou om ’n foto by die borg, Afrikaans.com, se uitstalling te neem.
Deel waarom Afrikaans en Afrikaanse musiek vir jou #onmisbaar is op hul sosialemediabladsy, of stuur die foto met jou naam en waar jy is na 064 652 6873.
