EntertainmentLifestyle

Frank Opperman bring Donkie na Kairos-teater in Van Riebeeck Park

Dié gewilde akteur speel die rol van ’n middeljarige skoolhoof in hierdie eenmanvertoning.

Frank Opperman is terug op die verhoog met ’n skitterende nuwe eenmanvertoning wat ’n aangrypende, humoristiese kykie na die kopsere van ’n skoolhoof gee.

Barry Swart (58) is die hoof van ’n voormalige model-C skool. Sy bynaam is Donkie, vandaar die vertoning se naam, Donkie.

Sy kopseer is die koerante, die beheerliggaam, die ouers en “hulle” wat sê die skool gaan agteruit en die dissipline, akademie en rugby is nie meer op standaard nie.

En dan is daar nog die taalkwessie ook. Hy kan nie langer stilbly nie. Hy wil dit sê en hy gaan dit sê.

Die skrywer van die stuk is Dana Snyman en die regisseur Gerrit Schoonhoven.

Donkie word op 29 Mei om 7nm vir 7.30nm by die Kairos-teater by die NG Gemeente Hoogland in De Wiekusweg, Van Riebeeck Park opgevoer. Kom kuier saam met jou vriende en lag ‘n slag.

Kaartjies by die tafels kos R120 elk, terwyl skoliere R80 betaal. Op die gallery is dit R100 en R80 vir skoliere.

Besprekings kan gedoen word by Petro by 072 4416451.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button