EntertainmentLifestyle
Boeremusiekfees word by landgoed gehou
Drag is semi-formeel en geen kortbroeke en plakkies word toegelaat nie.

Diamant4 bied op 3 Augustus ’n boeremusiekfees aan by Diamant4 Landgoed in Muldersdrift.
Die fees skop om 10vm af en duur tot middernag.
Eie verversings en koelboks is welkom, terwyl braaigeriewe beskikbaar sal wees vir diegene wat wil braai. Kos is ook te koop en daar is ’n kontantkroeg.
Kaartjies kos R80 per persoon en kinders o-12 is gratis. Verskeie orkeste tree op.
Drag is semi-formeel en geen kortbroeke en plakkies word toegelaat nie.
Vir meer inligting skakel Theo by 083 645 3931.
Also follow us on:





