EntertainmentLifestyle
Juanita en haar ‘kaalvoetkinders’ kom kuier
Die konsert vind plaas by Kaleideo-kerk en is ten bate van die Gereformeerde Kerk Mooifontein se boufonds.
Die bekende Juanita du Plessis en haar twee kinders, Franja du Plessis en Ruan Josh, tree op 2 November in Kemptonpark op.
Die konsert, getiteld Kaalvoetkinners, vind plaas by Kaleideo-kerk in Fiskaalstraat en is ten bate van die Gereformeerde Kerk Mooifontein se boufonds.
Die album Kaalvoetkinners het drie weke voor bekendstelling reeds goue status bereik. Vir Juanita is diƩ album baie spesiaal omdat sy saam met haar kinders optree.
Die konsert op 2 November begin om 7nm en kaartjies kos R150 elk.
Besprekings kan nou reeds gedoen word by 082 892 4944. Kaartjies is by https://www.itickets.co.za
Also follow us on:





