EntertainmentLifestyle

Boeremusiekgilde bied funksie aan saam met AJV by Hoogland

Verskeie orkeste sal gedurende die dag optree.

Die Witwatersrandtak van die Boeremusiekgilde hou op 9 Augustus sy algemene jaarvergadering saam met ’n terug-in-die-natuurfunksie by die NG Gemeente Kempton-Hoogland in Van Riebeeckpark.

Die verrigtinge skop om 10vm af en sal om 6nm klaar wees. Verskeie orkeste sal gedurende die dag optree.

Eie eet- en drinkgoed is welkom en stalletjies sal ook beskikbaar wees. Stalletjies kan teen R150 elk bespreek word. Geen dubbeluitstallers sal toegelaat word nie.

Toegang vir die publiek is R40 vir lede en R70 vir nie-lede.

Vir meer besonderhede, skakel Ilze Steyn by 072 610 4913.

Also follow us on:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button