Kairos-konsert bring hulde aan Neil Diamond se musiek
Of dit nou 'n “hot” of “cold” Augustus-aand is, dit gaan lekker wees.
Dis weer Kairos-teatertyd met Johan Liebenberg (Jampie) se Tribute to Neil Diamond.
Johan het al verskeie kere by die Atterbury-teater en die Barnyard-teater voor propvol sale met hierdie uitstekende vertoning opgetree.
Die orkes bestaan uit uitnemende kunstenaars soos Jaconel Mouton, Mauritz Lots, Dennie Lalouette en Vinnie Henrico.
Die optrede vind op 28 Augustus by die teater by Kempton Hoogland in De Wiekusweg plaas.
Bring jou vriende en jou eie eet- en drinkgoedjies en kom geniet ’n nostalgiese aand.
Die fondse word gebruik om die Kempton Park gemeenskap te bedien.
Of dit nou ’n “hot” of “cold” Augustus-aand is, dit gaan lekker wees.
Kaartjies is beskikbaar by Petro Hughes by 072 441 6451 en kos R120 per persoon (tafels), skoliere R80, galery R100 volwassenes en R80 skoliere.
Die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.

