EntertainmentLifestyle

KYK: Glen Marais regisseur se nuwe fliek, Ander Mense, is hier

Ander Mens vertel die verhaal van ’n doodgewone boekhouer, Daniël Niemand, wie se lewe onherroeplik verander nadat ’n reeks misverstande sy bestaan omvergooi.

Een les wat die lewe vir ’n mens leer is dat niks ooit so eenvoudig is as wat dit mag voorkom nie.

’n Feit wat bevestig word deur regisseur Quentin Krog van Glen Marais (Ballade vir ’n Enkeling, Vir die Voëls) se splinternuwe rolprent, Ander Mens, wat net soos die hoofkarakter glad nie volgens ’n standaard formule beoordeel kan word nie.

Die fliek word aangebied vanuit die perspektief van Lt Erica Kruger van die getuiebeskermingsprogram in die Kaap, en is gebaseer op die bekroonde skrywer Zirk van den Berg se topverkoperroman wat in 2014 bekroon is met die kykNET-Rapportprys in die rolprentkategorie.

“Hoewel die storielyn dieselfde is, verskil die film drasties van die boek,” verklap Krog oor dié draaiboekverwerking wat hy met behulp van Sean Robert Daniels, Herman Binge en Frannie van der Walt aangepak het.

Ander Mens vertel die verhaal van ’n doodgewone boekhouer, Daniël Niemand, wie se lewe onherroeplik verander nadat ’n reeks misverstande sy bestaan omvergooi. Hoewel die chaos tot groot tragedie lei, help dit hom ook om ’n belangrike persoonlike oorwinning te behaal.

Kyk die lokprent hier:

“Hierdie is ’n vars genre waaraan Suid-Afrikaners nog nie baie blootgestel is nie. ’n Aksieprent, met droë, ernstige omstandighede, vermeng met humor. Dit is ook nie aldag wat jy die kans kry om Frank Opperman in die rol van ’n skelm te sien nie en dinge raak rof – maar dit is snaaks ook. Dis beslis ’n fliek wat almal moet sien,”sê Bennie Fourie (Vuil Wasgoed, Mooirivier, Hotel) oor dié fliek waarin hy sy eerste hoofrol speel.

Bennie is briljant in die rol van die bleeksiel.

Oor sy karakter, sê Bennie: “Daniël is ’n ou vir wie alles skeefloop. Om lewe te gee aan hierdie man, wat so ongelukkig is in sy bestaan, het ek 16kg opgetel.

Ander sterre soos Jana Cilliers, Lika Berning, Clyde Berning, Neels van Jaarsveld, Laudo Liebenberg en meer is ook in die fliek te sien.

“Ons het van die begin af geweet watter akteur perfek vir elke rol sou werk,” verklap Krog.

As regisseur was Krog oop vir kreatiewe voorstelle. Verskeie tonele is op die laaste oomblik spontaan aangepas as gevolg van die akteurs se interpretasie daarvan.

Die rolprent beloof om gehore met tye te laat skaterlag, asook te laat naels kou.

Ander Mens begin op 23 Augustus in teaters draai.

Also follow us on:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button