‘n Slimmer Lollos kom weer in Kempton Park kuier
Die vertoning is einde Maart by die KKNK in Oudtshoorn bekendgestel en is splinternuut.

Lollos van Lalaland en sy maatjie Lettie is eersdaags terug in Kempton Park met ‘n splinternuwe vertoning.
Die tema van die die nuwe vertoning is Lollos, jou slim ding, en die vertoning fokus op die interaktiewe vaslegging van lekker lessies wat Lollos en Lettie geleer het.
Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak hulle dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans.
Kinders kan uitsien na treffers soos Tandeborsel, Babbelbekkie, Die Vriendelike Dokter, Oppaktyd en natuurlik ook ‘n lekker dosis immergroen Lollos-bekendes.
Vir mense wat nog nooit van Lollos gehoor het nie, wie is hy? Hy en Lettie kom van die planeet Lalaland en kuier graag by aarde-maatjies omdat daar so baie wonderlike dinge is om hier te leer.
Die vertoning is einde Maart by die KKNK in Oudtshoorn bekendgestel en is splinternuut.
Die vertoning vind plaas op 31 Augustus om 3.30nm by die NG Kerk Kempton-Kruin in Fiskaalstraat. Deure open om 3nm.
Kaartjies teen R85 elk is beskikbaar by Quicket.
Also follow us on:





