EntertainmentLifestyle

NG Moedergemeente beplan ‘n heerlike pretdag

Woon gerus die moedergemeente se pretdag by waar daar speletjies vir oud en jonk sal wees

Die NG Gemeente Kempton Park hou op 15 Februarie ’n pretoggend in die kerksaal op die hoek van Monument- en Kemptonweg as deel van ’n fondsinsamelingsprojek.

“Kom ontspan en geniet ’n oggend van lekker lag met speletjies vir oud en jonk. Jy kan selfs ’n gratis koppie koffie of tee geniet,” sê Marie Oosthuizen, voorsitter van die kerk se getuieniskommissie.

“In plaas van middagete te maak, kom koop heerlike kerrie-en-rys, asook tuisgebakte koekies en beskuit.”

Die doel van die oggend is om onder mee, fondse in te samel en sodoende ’n verskil te maak in die lewens van agtergeblewenes in Kempton Park se middestad.

Toegang tot die pretdag is R20 per persoon en die dag vind plaas van 10vm tot 1nm.

Skakel Oosthuizen by 072 533 6426 vir meer inligting.

Also follow us on:

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button