EntertainmentLifestyle

Twee Valentynsdanse met boeremusiek die naweek gehou

Daar is geen rede dat jy hierdie Valentynsnaweek by die huis hoef te sit nie

Die Boeremusiekgilde se Witwatersrand-tak bied die naweek twee Valentynsdanse in Kempton Park aan.

Die eerste is by Laerskool Edleen op 14 Februarie om 6nm vir 6.30nm en die volgende by Allen Park op 15 Februarie om 7nm.

Die dans by die skool kos R150 ‘n paar en gaste moet hul eie eet- en drinkgoed bring, asook hul eie eetgerei. Geen kinders word toegelaat nie.

Besprekings is noodsaaklik. Skakel 011 393 4214.

Kaartjies vir die dans by Allen Park kos R60 vir nie-inwoners en R40 vir inwoners. Kerrie-en-rys teen R35 sal te koop wees. Eie eet- en drinkgoed is ook welkom.

Kontak Sarie Scheepers by 083 627 5966.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button