Bespreek nou vir Demi Lee se konsert in Van Riebeeck Park
Bring jou vriende, jou eie eet- en drinkgoed en kom geniet ’n gesellige aand
Sangeres Demi Lee Moore bring haar vertoning, Mis Eet Slaap Herhaal, na die Kairos-teater in Van Riebeeck Park op 4 Maart om 7.30nm.
Sy het al aan Idols deelgeneem, ’n paar maande by Barnyard aangesluit, ’n Ghoema-toekenning losgeslaan en ’n paar nommer een plekke op die Afrikaanse iTunes behaal. Sy het ook in 2018 die eerste prys in die musiekkompitiesie Die Kontrak gewen.
Bring jou vriende, jou eie eet- en drinkgoed en kom geniet ’n gesellige aand. Die fondse word gebruik om die gemeenskap van Kempton Park te help.
Die teater is by Kempton Hoogland in De Wiekusweg geleë. Kaartjies kos R120 elk by tafels, R100 elk op die galery en is R80 vir skoliere.
Om te bespreek skakel Petro Hughes by 072 441 6451.
Also follow us on:




