EntertainmentLifestyle

Gewilde Theuns Jordaan kom in April hier sing

Kos en koeldrank sal verkoop word en daar is veilige parkering op die skool se B-rugbyveld.

Gewilde sanger Theuns Jordaan bring sy vertoning, Optog, op 4 April na Kempton Park.

Die konsert vind by Hoërskool Jeugland plaas en word deur die Gereformeerde Kerk Mooifontein aangebied.

Jordaan is sonder twyfel een van die grootste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het.

As sanger het hy oor die jare bekend geword vir die gemak waarmee hy gehore vermaak. Van sagte ballades en liefdesliedjies tot op-en-wakker deuntjies wat mense op hul stoele laat dans.

Hy is ook nie net ’n uitstekende vertolker van sy eie werk nie. Wanneer hy die musiek van kunstenaars soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel of Koos Kombuis sing, bring hy daardie liedjies met sy eiesoortige styl na waarderende gehore. Met sy weergawe van Beautiful in Beaufort-Wes het hy Suid-Afrika voorgestel aan liedjieskrywer Gert Vlok Nel.

Jordaan se samewerking met Anton L’Amour is een van die sterkstes in Afrikaanse musiek. Wanneer dié twee saam op ’n verhoog klim, is die gehoor verseker van musiek uit die boonste rakke. Hulle werk uitstekend saam, ken mekaar en vul mekaar aan.

Die konsert, wat 70 minute duur met ’n 20-minute pouse, begin om 7nm. Kaartjies kos R155 en kan bespreek word by 082 892 4944.

Kos en koeldrank sal verkoop word en daar is veilige parkering op die skool se B-rugbyveld.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button