‘n Lekker ‘pa-storie’ is Sondag aanlyn beskikbaar
Daar is skaterlag tye saam met My Pa en ‘n komiese kykie na Suid-Afrikaanse rugby
Lefra se sesde kelderkonsert is My Pa op Sondag, 21 Junie om 5nm.
Besprekings kan by www.itickets.co.za of www.lefra.com gedoen word teen R70 per huishouding.
Ontmoet vir Gert Struwig, gespeel deur Cobus Venter, in die produksie My Pa. Gert is ‘n rêrige-êrige Suid-Afrikaanse man. Hy is beslis nie ‘n metroman nie. Naas die Bybel, is rugby sy grootste aanwyser.
LEES OOK:
Poet writes book during first 21 days of lockdown
Hy beplan sy braais, sy gesin, sy partytjies en sy gesin se aktiwiteite rondom rugby. Sy lewe draai om rugby. Sy helde is rugbyspelers. Sy bestaan is rugby. Daar is skaterlag tye saam met My Pa en ‘n komiese kykie na Suid-Afrikaanse rugby. Maar dan gebeur die lewe en Gert se bestaan word dramaties verander as hy gediagnoseer word met kanker. Hy worstel dan met sy eie vraag: “Is ek my kind se held?”
Frans Swart is die skrywer en regisseur van My Pa. “Die lekkerte van die produksie is dat ons rugby gebruik as metafoor om die vraag te beantwoord: Is ek my seuntjie se held?” sê Swart.
Met jou bespreking vir hierdie konserte help jy ons kunstenaars in baie moeilike tye. Lefra Produksies het nog altyd onafhanklik gefunksioneer sonder enige subsidie of befondsing van die regering of ander organisasies.
LEES OOK:
Big Brother takes Norkem Park’s Lomwe to new heights (VIDEO)
“Ons leuse was nog altyd: ons bring teater na die mense toe”, sê Swart, besturende direkteur van Lefra.
“Ons is nog steeds bereid om dit te doen, maar ons moet op ons publiek se ondersteuning kan staatmaak. Dis belangrik dat ons die huidige reëls en regulasies volg om die pandemie te stuit, maar intussen kan jy jou weeklikse stukkie teater en musiek aanlyn geniet.”
Also follow us on:




