Schools

Van plaaslike verhoog tot Spanje

Noordskool se Avrick Bruinders se redenaarstalent het hom nie net provinsiale en Suid-Afrikaanse kleure besorg nie, maar ook ’n plek op die internasionale verhoog in Spanje.

Laerskool Krugersdorp-Noord se Avrick Bruinders het sy skool se naam hoog gehou nadat hy as die algehele wenner van die Legends of Arts South African Championships aangewys is.

Die kompetisie het in Junie plaasgevind, met die gala-toekennings wat op 15 Augustus gehou is. Avrick is tydens die geleentheid gekies om Suid-Afrika volgende jaar in Spanje met redenaars te verteenwoordig.

Volgens Noordskool-woordvoerder Quintin Botha het Avrick ook provinsiale en Suid-Afrikaanse kleure vir redenaars verwerf.

Quintin het afgesluit deur te sê die skool is baie trots op Avrick se prestasie. Avrick vertolk ook die rol van verteller in die skool se revue wat volgende maand plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button