Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld en sy orkes het op 26 Julie ‘n draai in Krugersdorp gemaak en voor ‘n volgepakte saal by die NG Suiderlig-gemeente opgetree.
Die optrede is deur die Blinksoldaatjies Kleuterskool gereël om geld vir die kleuterskool in te samel wat vir opvoedkundige speelgoed en die algehele verbetering van die kleuterskool se persele en klaskamers gebruik gaan word.
Tydens sy vertoning het hy oud en jonk bekoor met treffers soos ‘n Vrou wil dit hoor, My berg Sion en Spieëltjie.
Henrico Coetzer ‘n jong sang talent was die voorsanger vir Bobby se optrede.
Petrus Nieuwenhuizen van die kleuterskool sê hulle wil graag almal bedank wat die geleentheid ‘n sukses gemaak het en ook die Skepper wat hulle altyd seën.
“Ons beoog om volgende jaar ‘n Christelike Fees te hou met verskeie Christelike sangers, en ‘n bazaar of kermis,” sê hy.
Vir meer inligting oor die kleuterskool, besoek hulle webblad by www.blinksoldaatjies.co.za.
