Local newsNews
Leeu byt rugbyspeler se pa op skouer
Die familie was by 'n leeupark in Krugersdorp toe die ongeluk gebeur het.
Die pa van die voormalige Griquas rugbyspeler Brett Tucker is na ‘n hospitaal geneem nadat hy deur ‘n leeu by ‘n leeupark in Krugersdorp gebyt is, het The Star op 23 Desember berig.
Die koerant het berig dat die gesin deur die leeupark op 21 Desember gery het toe die leeu sy poot deur ‘n motorruit wat gedeeltelik oop was gesit het.
Toe Tucker se pa die venster per ongeluk oopgemaak het, in plaas daarvan om dit toe te maak, het die leeu toe sy kop binne die kar gesit en hom op die skouer gebyt.
Die koerant sĂȘ dat die familie aangedui het dat hulle nie kommentaar wil lewer nie en in die proses is om ‘n prokureur te raadpleeg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
