“Ons het uit vrees gereageer”
Maar Numsa-lede sê hulle het vreedsaam voor die gebou betoog totdat hulle met 'n brandslang verdryf is.
Sowat 300 dansende en singende stakers van die metaalwerkersunie Numsa het vanoggend voor ‘n plastiekfabriek in Barrattstraat hulle misnoeë in kru taal te kenne gegee.
Sam Rabiese, een van die lede sê hulle is kwaad omdat hulle vreedsaam voor die Strapping & Profile Manufacturers fabriek in Factoria betoog het totdat hulle met ‘n brandslang verdryf is.
“Dit is toe eers dat ons hulle met klippe gegooi het. Ons is daar weg om as lede te gesels en het besluit om terug te gaan om hulle te konfronteer, want ons is hier om ons lede te kom kry – hulle (die bestuur) kan nie weier dat hulle uitkom nie.”

Werknemers met wie die news gesels het, het gesê dat hulle nie wil uitgaan nie omdat die staking nie deel van hulle sektor is nie.
Een van die werknemers, wat anoniem wil bly uit vrees vir viktimisering sê hy was buite toe die klippereën op hulle uitgesak het.
“Ek het gesien hoe die bestuur hulle uitlok en dit is hoekom daar klippe gegooi is.”
Hennie Meyer, die eienaar sê dit is glad nie waar nie.

“Ons het hulle met die brandslang begin spuit toe hulle aan die hoofingang se hek begin ruk het en my gedreig het – ons het uit vrees gereageer.”
Rabiese sê hulle staak vir ‘n 16 persent salarisverhoging sowel as ‘n 16 persent behuisingstoelaag.
Kliek hier vir meer foto’s.
