‘n Helpende hand vir ouers
Besighede in die gemeenskap word aangemoedig om as borge op te tree, om die geleentheid moontlik te maak vir mense wat dit broodnodig het, maar dit nie kan bekostig nie.
Die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes en Solidariteit Helpende Hand hou ‘n Immergroen Ouerskap Dag en nooi die gemeenskap om dit te ondersteun.
Daar is groot nood in die gemeenskap wat onder andere noodsaaklike lewensmiddele betref, maar ook ouerleiding. Dit word al duideliker dat kinders die ergste ly onder moeilike finansiële omstandighede, asook gesinstrukture.
Die Geloofsbond en Helpende Hand beoog om deur dié projek ouers op ‘n geloofsgrondslag te bereik en op te lei aangaande ouerskap.
Die spreker tydens die geleentheid wat op 20 September by die Grieks-Ortodokse Kerk in Noordheuwel plaasvind is Marie van Niekerk van die Immergroen-program, wat ook soggens op kykNET uitgesaai word.
Met hierdie projek gaan hulle ‘n oggendtee vir ouers aanbied.
Ouers betaal R100 per persoon, maar hulle wil graag ook juis die mense bereik wat dit nie kan bekostig nie, maar groot behoefte het aan ouerskap-leiding.
Daarom moedig hulle besighede in die gemeenskap aan om as borge op te tree, om die geleentheid moontlik te maak vir mense wat dit broodnodig het, maar dit nie kan bekostig nie.
“Ons vra dus dat indien besighede wat hulle weg oopsien, vir ons kaartjies sal borg. Ons maak staat op R1 000-donasies, wat dan vir 10 ouers se toegang kan voorsien. Maar indien besighede ‘n kleiner bedrag wil borg, sal ons ook baie dankbaar daarvoor wees,” sê ds Van Rooyen, leraar by die Geloofsbond en sekretaris by Helpende Hand Krugersdorp.
“Indien u nie in staat is om kontantdonasies tot hierdie projek te doen nie, kan niebederfbare produkte ook geskenk word. Daar is ook groot voedselnood in ons gemeenskap wat ons graag wil verlig.
“Ons maak staat op ondersteuning van besighede in ons gemeenskap en vra dat hulle dit sterk sal oorweeg om as borg vir hierdie geleentheid op te tree.”
Skakel gerus die volgende persone indien u wil help:
Ds Van Rooyen by 082 495 3121 of epos davr@vodamail.co.za
Carmen van Rooyen by 071 849 5603
Vanessa Maree by 083 564 2122
