Local newsNews

Bejaarde-bederf al vir 10 jaar

Meer as 400 bejaardes het die jaarlikse Senior Burger Ontbyt by Wimpy in die Pick n Pay Noordheuwel Sentrum geniet.

Dit het jare gelede begin met koffie en koekies, maar deesdae word talle bejaardes met koffie, ‘n stewige ontbyt en ook ‘n stukkie koek as nagereg bederf.

Heather Kantor, eiendomsbestuurder van Rotaflex Investments wat onder andere die Pick n Pay Noordheuwel Sentrum besit, sê meer as 400 bejaardes het hulle uitnodiging aanvaar vir die Senior Burger Ontbyt wat nou al meer as tien jaar lank jaarlikse aangebied word.

Daar was groot glimlagte, ‘n gekuier en gelag by Wimpy binne die sentrum soos die bejaardes hulle heerlike ontbyt en koffie geniet het.

Daarna het elkeen ‘n sny koek en ‘n geskenksakkie met verskeie goedere gekry wat deur Pick n Pay se verskaffers geskenk is.

Terra Terblanche, Hennie Meintjies en Niel Robbertse het die atmosfeer met akoestiese kitaarklanke ingekleur.

Riandi Landsberg van die Noordheuwel Apteek was ook gereed om die bejaardes se bloeddruk en suikervlakke te meet.

Kantor sê vir haar is dit wonderlik om te sien hoe hulle inisiatief elke jaar groter word.

“Vir ons is dit elke minuut werd om hier te wees en die glimlagte op elkeen se gesig te sien. Ek bedank graag vir almal wat betrokke was en bygedra het tot die dag se sukses.”

Sy sê Dalene Trollip, sentrumbestuurder van Pick n Pay Noordheuwel moet spesiaal bedank word omdat sy alles gereël het.

Vir ‘n gallery van foto’s kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button