NewsSchool sportSchoolsSport

Monnas klop op sport- en kultuurgebiede

Hoërskool Monument kan met trots sê dat hulle domineer as gevolg van uitstekende prestasies.

Hoërskool Monument het die laaste paar maande triomfantelike uitgetree in talle kultuur- en sportgebiede.

Hierdie leerlinge het besonders goed gevaar:

• Anandie Liebenberg, Anica Janse van Vuuren en Ewan Meyer het tydens die provinsiale EBW Olimpiade vroeër vanjaar derde geëindig. Baie geluk julle!

IMGP986_553592205
Anandie Liebenberg, Anica Janse van Vuuren en Ewan Meyer.

• Hoërskool Monument se onder 15-sewesrugbyspan (hooffoto) palm die Noordvaal-trofee in nadat hulle Helpmekaar College 21-19 in die eindstryd op Menlopark verslaan. Baie geluk kêrels!

• Monnas se onder 19 seunsjukskeispan het vanjaar ook groot hoogtes bereik. Hulle is as Noordvaal-wenners aangewys en is ingesluit om Gauteng by die SA Skole Kampioenskappe te verteenwoordig wat in Desember plaasvind. Van links na regs is Marno Nel, Jean Nel, Johan Botha, Tinus Barnard (afrigter) en Jood Scholtz.

IMGP985_547475219
Marno Nel, Jean Nel, Johan Botha, Tinus Barnard (afrigter) en Jood Scholtz.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button