NewsSchool sportSchoolsSport
Noordskool se sportsterre
Twee leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord is vir Gauteng-krieketspanne gekies.
Laerskool Krugersdorp-Noord is baie trots op hulle hokkie en krieket
sportsterre.
Retha Hatting, onderwyser en afrigter sê ses leerlinge van die skool se onder 11- en onder 12-hokkiespanne is onlangs vir die D2-hokkiespanne gekies.

Emanuel Mitswiri en René Weideman maak hulle skool trots deurdat hulle onderskeidelik vir die seuns onder 15 en dogter onder 13 Gauteng-krieketspanne gekies is.
Emanuel glimlag nog breër omdat hy ook vir die Krieket Gauteng-Wes Laerskolespan gekies is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
