Local newsLocal sportNewsSport

Dansers bring titels terug

Twee dansers van die Rhythm In Us Dansateljee het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Vrystyl Kampioenskappe deelgeneem.

Dansers van die Rhythm In Us Dansateljee in Krugersdorp-Noord het die dansbaan onlangs tydens die kampioenskappe van Suid-Afrikaanse Dansonderwysersvereniging (Sadta) aan die brand gedans.

Die Suid-Afrikaanse Vrystyl Danskampioenskappe is by die Alberton Stadsteater gehou waar Joachim Losos en Mariska Reynolds die Suid-Afrikaanse Kampioenskapstitels in die rock’n’roll- en hustle-kategorie terug Krugersdorp toe gebring het.

Joachim Losos (links) en Mariska Reynolds (middel) het die dansvloer aan die brand gedans tydens die Suid-Afrikaanse Vrystyl Kampioenskap in Alberton. Regs is Kyle John Behrens ('n vrystylafrigter).
Joachim Losos (links) en Mariska Reynolds (middel) het die dansvloer aan die brand gedans tydens die Suid-Afrikaanse Vrystyl Kampioenskap in Alberton. Regs is Kyle John Behrens (‘n vrystylafrigter).

Joachim het gesê hulle het ook die meeste kompetisies deur die jaar gewen.

“Al die harde werk is met Suid-Afrikaanse titels beloon.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button