Local newsNews

Slange in die gras

Talle reptiele is in die Quellerie Park area gevind dié reënseisoen.

Inwoners van Quellerie Park word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ‘n slang in die gras.

In die afgelope week het inwoners reeds drie slange in die area gevind.

Die inwoners skakel dan die Gemeenskapspolisiëringsforum van Sektor 3 wat hulle na ‘n professionele slangboffen verwys.

Dit is nie bekend of die reën van die afgelope paar weke ‘n rol speel in die vreemde slangverskynsel nie.

‘n Ander faktor wat ‘n rol kan speel is die veld al langs Bataviastraat.

Die GPF Sektor 3 stel voor dat inwoners wat op een van die gevaarlike reptiele afkom, die sektor in kennis moet stel om enige beserings te voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button