Local newsNewsSchools

[Video+Infografika]: Help bekamp verdrinking met swemlesse

Al is swemlesse nie 'n waarborg teen verdrinking nie, is dit steeds belangrik dat ouers hulle kinders leer swem.

Hy het net met swemlesse begin toe gebeur die onwaarskynlike – hy verdrink byna.

Dié is die verhaal van Tristan Sellwig van Randfontein, ‘n driejarige peuter wat tans in die Netcare Rehabilitasiehospitaal in Auckland Park aansterk nadat hy drie maande gelede in sy ouma se swembad in Krugersdorp beland het.

Volgens navorsing deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) is hy een van die gelukkiges omdat drenkelinge, veral dié tussen een en vier jaar oud, baie selde die trauma oorleef.

Vat vyf! Dis hoe dit gedoen word reken Kaylin Coetzee en haar afrigter Simoné Kruger.
Vat vyf! Dis hoe dit gedoen word reken Kaylin Coetzee en haar afrigter Simoné Kruger.

Swemlesse kan ook nie as ‘n waarborg beskou word dat kinders nie sal verdrink nie, het Lorettha Wilken, eienaar van die Dolphin Swemskool in Kenmare gesê.

By haar swemskool leer hulle kinders tussen die ouderdom van een en drie jaar basiese veiligheid in en om ‘n swembad.

Maar een van die belangrikste faktore, het Lorettha gesê, is dat verdrinkings baie makliker plaasvind omdat daar nie ouertoesig is nie.

“Daarom is ouertoesig steeds te alle tye belangrik; ouers kan nie daarop staatmaak dat hulle kinders swemlesse ontvang en daarom nie kan verdrink nie. Inteendeel, ouertoesig behoort altyd ‘n prioriteit te wees.”

Lorettha plaas die klem verder op die belangrikheid daarvan dat kinders gereeld swemlesse bywoon.

“Dit help baie, want dit verbeter die kanse om verdrinking vry te spring.”

Swembad-veiligheidswenke.
Swembad-veiligheidswenke.

Selfs al kan ouers nie meer as een swemles bekostig nie, het Lorettha verduidelik dat dit die kinders oor ‘n tydperk sal help.

“Die ideaal is steeds dat kinders vir meer lesse ‘n week sal gaan.”

Van die tegnieke wat kinders tydens die swemlesse leer is om hulle monde dadelik toe te maak wanneer hulle in die water is, hoe om in die swembad om te draai en ook hoe om self uit die swembad te klim.

Volgens die WGO se jongste navorsing hou verdrinking ‘n ernstige gevaar vir openbare gesondheid in en eis jaarliks 372 000 menselewens wêreldwyd. Ten spyte daarvan word nie genoeg gedoen om dit te bekamp nie. Dit is die wêreld se derde grootste oorsaak van onopsetlike besering.

Verdrinking is verder ook een van die 10 hoofoorsake van sterftes onder jong kinders en jong mense regoor die wêreld, met kinders onder vyf jaar wat die grootste gevaar loop, het die navorsing bevind.

Drowning 2 copy
Kinders se weerloosheid verander met ouderdom.

Verwante Artikels:

Gemeenskap se hulp benodig vir klein vegtertjie

Peuter begin herstel na amperse verdrinking

OPVOLG: Peuter vorder na amperse verdrinking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button